Project title
Maintenance of virus garden
Project leader
Carstens, R
Institution
ARC Infruitec-Nietvoorbij
Team members
Makubalo, L
Project description
Algemene instandhouding (witluis- en siektebeheer) van die viruskolleksie vind deurlopend plaas. Die virusstatus van 34 isolate is deur LNR Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming, Pretoria met ISEM, PKR en ELISA bepaal. Daar is getoets vir GLRaV-1, -2, -3, GVA en GVB. Die virusstatus van hierdie isolate is in ?n databasis aangeteken.
Groen lote van hierdie isolate is terselfdertyd gewortel en in potte in die glashuis gevestig vir oorplasing na die insekvrye ruimte wanneer die plante sterk genoeg is. By ses isolate het beworteling nie plaasgevind nie en geen plante kon dus gevestig word nie. Hierdie swak beworteling kan aan die teenwoordigheid van Shiraz siekte en skurfbas in hierdie isolate toegeskryf word.
Plantmateriaal van ongeveer 54 verskillende virus isolate is aan 3 navorsers en een bedryfslid verskaf.
Presentation(s)
1. Carstens, R. 2002. Rolblaarsimptome en verwarring met ander stres geïnduseerde simptome. VinPro Inligtingsdag, 25 September.
2. Carstens, R. 2003. Virusse, simptome, effek op wingerd en beheer. Modulêre Kursus in Tafeldruifverbouing, 14 Mei, De Doorns.
3. Carstens, R. 2003. Vordering gemaak met rolblaar en ander virussiektes. VinPro Information Day, 23 July, Malmesbury.
4. Carstens, R. 2004. Instandhouding van virus kolleksie. Virus Werkswinkel IV, Infruitec, 11 May.
- Record end -