Project title
Determination of the optimal ripeness of South African red grapes in terms of their phenol composition
Project leader
Minnaar, P P
Institution
ARC Infruitec-Nietvoorbij
Project description
Daar bestaan ?n leemte in die kennis oor veranderinge in die individuele fenolkonsentrasies oor rypheid van plaaslike Cabernet Sauvignon, Pinotage, Shiraz en Merlot druiwe. Die effek van faktore soos omgewingstemperatuur, sonligblootstelling en beskaduwing van druiwe op fenolsamestelling en wynkwaliteit speel ?n belangrike rol in die verband. Hierdie kennis kan aangewend word om vrae te beantwoord soos: Op watter stadium van rypwording is individuele fenolkonsentrasies optimaal in druiwe? Hoe korreleer optimale fenolkonsentrasies met fisiologiese rypheid en die rypheid waarby tradisioneel gepars word? Wat is die verskil tussen groen en ryp tanniene?
Die doel van hierdie ondersoek is dus om die fenolsamestelling oor rypheid van rooidruiwe te kwantifiseer en hierdie kennis aan te wend in die toepassing van wingerdkundige praktyke ten einde optimale kwaliteit rooiwyne te berei. Die doel van hierdie projek pas in onder die doelwitte van die Winetech programme wat oor fenole, optimale rypheid en terroir handel.
- Record end -